INTERPELLASIES

Uitbetaling van vervoersubsidies

*1.	Mnr L Ramatlakane vra die Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning:

Of enige regstellende maatrels getref is rakende die uitbetaling van vervoersubsidies; so ja, watter maatrels?

Die MINISTER VAN VERVOER, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, die agb lid mnr Ramatlakane is bewus dat die enigste vervoermaatskappy waaraan die Wes-Kaapse Regering subsidies betaal, die Golden Arrow Busdiens is. Die Tak: Vervoer betaal aan die Golden Arrow Busdiens subsidies in terme van die maatskappy se huidige Tussentydse Kontrak wat in Mei 2000 ten einde kom. Golden Arrow is die een party tot die kontrak en die Tak: Vervoer, tesame met die nasionale Departement van Vervoer, is die ander party.

Die Tussentydse Kontrak word ten volle deur die nasionale Departement van Vervoer befonds. Die Tussentydse Kontrak sal deur kontrakte vervang word wat geskoei is op die Model Ooreenkoms, soos opgestel deur die nasionale Departement van Vervoer. Die Model Ooreenkoms berus op inkomste-kilometers en nie op die multi-rit-kaartjie wat die huidige kontrak bepaal nie.

Die nuwe kontrakte sal in drie fases gemplementeer word. Meer as 20 kontrakte word in die vooruitsig gestel.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, die openbare vervoer funksie is tussen 1996 en 1997 na die provinsies afgewentel. Hierby ingesluit was natuurlik die bestuur van die betaling van subsidies vir passasiersvervoer. Toe hierdie funksie afgewentel is, het ons die Regering bearbei en ges dat selfs indien afwenteling sou geskied, die nasionale Departement van Vervoer moes voortgaan om vir hierdie funksie te begroot omdat hulle dit self bestuur het.

Soos ons dit verstaan het, sou die Provinsie, indien daardie begrotingsitem na die Provinsie sou kom, nie in staat wees om voort te gaan om die subsidie uit sy eie begroting te betaal nie, omdat die subsidiegeld vir die petrolbehoeftes van die Provinsie die begroting sou insluk. As 'n mens die afwenteling en die begrotingsproses reg verstaan, beteken dit nie dat die Provinsie nou roekeloos kan optree in die bestuur van die geld nie. Dit beteken dat die Provinsie moet optree asof hulle hierdie geld self uitbetaal. Dit beteken dat die Regering deur middel van die provinsiale departement sal verseker dat die betaling uit die begroting gepas is en volgens die neergelegde riglyne geskied, met inbegrip van die uitskakeling van moontlike korrupsie in die stelsel.

Die vraag is of hierdie meganisme deur die provinsiale Departement van Vervoer daargestel is, en of die maatstawwe wat opgestel is, skuiwergate oopgemaak het sodat korrupsiegebruike kan voorkom. Tydens 1996 en laat in 1999 was daar 'n paar gerugte. Die pers het my en die agb Minister oor die bestuur van hierdie saak geskakel, en hulle het beweer dat daar korrupsiegebruike in die subsidiestelsel is. Ek het vrae gestel en briewe geskryf. Die agb Minister se reaksie was dat daar geen korrupsie was nie - alles was piekfyn. Onlangs, in hierdie jaar, het ek weer briewe geskryf en 'n formele vraag aan die agb Minister gestel, waarin ek gevra het of daar maatrels was om te verseker dat die korrupsiegebruike uitgeskakel word. Die antwoord was, ja.

Ons het nou egter inligting bekom dat daar mense is wat die gesubsidieerde kaartjie wat veronderstel is om op die Khayelitsha-Kaapstad-roete gebruik te word, gebruik om van Mitchells Plain te pendel. Daar was ook inligting dat mense wat van Delft pendel, die gesubsidieerde Khayelitsha-buskaartjies gebruik wat nie vir gebruik in Delft bedoel is nie.

Die vraag is: watter maatrels is daargestel? Was die agb Minister, toe hy vroer antwoorde verstrek het, van hierdie gebruik bewus of nie? Ek s nou dat daar korrupsie in hierdie betalingstelsel is. Is die agb Minister in staat om te verseker dat die geld, die uitbetalings wat gemaak is, doelmatig aangewend word? Hierdie departement ... [Tyd verstreke.]

Die MINISTER VAN VERVOER, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, die agb lid mnr Ramatlakane het verwys na 'n klagte wat by die nasionale Departement van Vervoer aanhangig gemaak is deur lede van die publiek en deur ander mense. Die skrywe waarna hy verwys, is aan hom gestuur voordat die klagtes by die nasionale departement aanhangig gemaak is. Nadat die klagtes by die nasionale departement aanhangig gemaak is, het dit onder die aandag van die Tak: Vervoer in Kaapstad gekom.

Die aangeleentheid is op hierdie stadium sub judice. Die nasionale departement ondersoek die aangeleentheid wat, volgens berigte, by die nasionale departement aanhangig gemaak is. Die provinsiale departement doen die ouditering van die multi-rit-kaartjie wat gebruik word. Op hierdie stadium is die aangeleentheid sub judice. Ons weet daarvan. Dit het onder my aandag gekom nadat ek die eerste skrywe aan die agb lid mnr Ramatlakane gerig het.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek het op 20 Junie 2000 'n formele vraag aan die agb Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning gestel oor hierdie selfde kwessie van subsidie-uitbetalings en beweerde korrupsie. Die antwoord wat ek van die agb Minister ontvang het, was dat die ouditeure Deloitte en Touche en die Departement van Vervoer die aangeleentheid hanteer het en dat die Provinsie dus niks daarmee te doen gehad het nie. Hy het voorts ges dat indien enigeen enige vrae oor die aangeleentheid gehad het, hulle dit aan die nasionale Regering moes rig.

Wat is dit hierdie? Watter soort antwoord is dit hierdie? Is hulle besig om die verantwoordelikheid te verplaas? Vervoer is 'n provinsiale bevoegdheid en dit is hulle verantwoordelikheid. Ek het reeds aangedui dat hulle besig is om van hul verantwoordelikhede weg te hardloop. Beteken dit dat die agb Minister nou bevestig het dat hy iets van die saak weet?

Mnr die Speaker, volgens my inligting is vervoersubsidiegeld nie doelmatig aangewend nie, is daar 'n mate van korrupsie en kom korrupte gebruike voor. As 'n mens byvoorbeeld na November 1998 kyk en die aantal kilometers wat geis is vergelyk met die aantal kilometers wat werklik afgel is, sal jy sien dat daar 'n groot verskil is. In November 1998 is 1,5 miljoen km geis, maar slegs 881 000 km is afgel. Dit beteken dat die verskil wat geis is, van die orde van sowat R70 miljoen is. Dit beteken ook dat iemand daardie bedrag geld betaal is vir kilometers wat nie werklik afgel is nie.
Sal die departement iets aan hierdie aangeleentheid doen? Sal die agb Minister leierskap vertoon deur te verseker dat die huidige skuiwergate, wat ek gedurende verlede jaar en hierdie jaar opgehaal het, aandag geniet? Ons sal hierdie aangeleentheid baie noukeurig dophou om te kyk wat in verband met hierdie saak gebeur.

Die MINISTER VAN VERVOER, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, ek het vir die agb lid mnr Ramatlakane ges dit het onder my aandag gekom.

Ek wil graag iets regstel. Ek het ges die subsidie word betaal teen 'n multi-rit-kaartjie. Die agb lid mnr Ramatlakane verwys na kilometers per reis. Die nuwe kontrakte sal volgens kilometer-inkomste bereken word. Dit is 'n tenderkontrak wat uitgegee word. Daar sal vooraf getender word vir 'n spesifieke tenderroete.

Meneer, om terug te kom op die korrupsie waarna die agb lid mnr Ramatlakane verwys het, ek het flussies ges dit word ondersoek. Die nasionale departement hanteer die klagte. Die Departement van Vervoer is slegs 'n agent vir die uitbetaling volgens die geouditeerde state wat hulle ontvang. Soos ek ges het, het dit onder my aandag gekom nadat ek daardie brief aan hom gestuur het. As die agb lid mnr Ramatlakane weet van aksies wat vroer geneem is, is dit nou geboekstaaf en sal ons daarna kyk. Dit het egter nie vroer onder my aandag gekom nie.

Ek het gereageer nadat hierdie aangeleentheid onder my aandag gekom het. Dit was op die Minmec-agenda, maar die nasionale Minister het dit van die agenda gehaal omdat die aangeleentheid sub judice is.

Voorkeurverkrygingsbeleid

*2.	Me T Essop vra die Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme:

Of 'n voorkeurverkrygingsbeleid ontwerp is; so nie, waarom nie; so ja, of hy die besonderhede van die beleid kan verskaf?

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, die antwoord op die vraag is, ja. Die huidige voorkeurverkrygingsbeleid maak voorsiening vir die kontrakte van minder as R2 miljoen in spesifieke nywerhede. Die beleid ten opsigte van die bou- en konstruksie bedrywe het met ingang van 1 April 1999 in werking getree en die oorblywende gedeelte met ingang van 1 September 1999.

Met inagneming van die groot teenwoordigheid van swart ondernemings in sekere bedrywe, die hindernisse wat ondervind word deur enige nuwe toetreders in ander bedrywe en die bekostigbaarheid van 'n voorkeurverkrygingstelsel, is die beleid destyds tot sekere bedrywe beperk.

Hierdie voorkeurverkrygingsbeleid is ook beperk tot die toepassing van 'n voorkeurpuntestelsel waarkragtens punte toegeken word vir die koste, asook in verhouding vir die persentasie aandele wat deur histories benadeelde individue in ondernemings gehou word. Die tender word dan toegeken aan die tenderaar wat die hoogste getal punte behaal.

Artikel 217 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika verbied 'n staatsinstelling nie om 'n voorkeurverkrygingsbeleid in te stel wat voorsiening maak vir kategorie van voorkeur en die beskerming van die vooruitgang van mense of kategorie mense wat deur onbillike diskriminasie benadeel is nie. Nasionale wetgewing moet egter 'n raamwerk voorskryf - en ek beklemtoon "moet voorskryf" - waarbinne die voorkeurverkrygingsbeleid ingestel kan word.

By gebrek aan die vereiste wetgewing het die Wes-Kaapse Tenderraad, met die goedkeuring van die provinsiale Kabinet, die voorkeurverkrygingsbeleid as 'n tussentydse maatrel ingestel. Hierdie beleid stem ooreen met die nasionale Minister van Finansies se tussentydse strategie, of die tienpuntplan, wat beskou word as die voorloper van die komende wetgewing.

In my 100-dae toespraak op 16 September 1999 het ek aangedui dat dit 'n sleutelprojek van die Departement van Finansies is om die Wes-Kaapse Regering se verkrygingsbeleid en strategie opnuut te omskryf ten einde die deelname van KMMOs en ondernemings wat deur die voorheen benadeelde sektore van ons gemeenskap besit word, te vergemaklik en uit te bou. Ek het voorts aangedui dat 'n konsultant aangestel sou word om die verkrygingsproses te hersien en binne vyf maande van voormelde datum 'n plan vir bespreking aan die Kabinet voor te l.

Mnr die Speaker, waarom kon ek nie ten opsigte van hierdie tydskaal lewer nie? Dit is 'n kombinasie van faktore. Die nasionale Grondwet bepaal dat ons land die oppergesag van die Grondwet en die regsorde na waarde skat. Dit beteken dat elke administratiewe stap wat deur enige regeringsfeer of staatsinstelling gedoen word, moet strook met die Grondwet en deur die een of ander soort wetgewing beheer moet word.

Die komende Wet op Voorkeurverkrygingsbeleid, 2000 (Wet 5 van 2000), is deur die nasionale Regering vertraag en uiteindelik op 3 Februarie 2000 uitgevaardig. Dit is 'n lang tyd nadat die Grondwet aanvaar is. Hierdie Wet bepaal dat 'n staatsinstelling sy voorkeurverkrygingsbeleid moet opstel en binne die raamwerk wat in die Wet uiteengesit word, in werking moet stel.

Die raamwerk maak onder meer voorsiening vir 'n voorkeurpuntestelsel. Laasgenoemde vereis dat bedrae voorgeskryf word waarvoor 'n maksimum van 10 of 20 punte vir spesifieke doelwitte toegeken mag word. Hierdie bedrae moet deur regulasies voorgeskryf word wat deur die nasionale Regering kragtens die Wet uitgevaardig moet word.

Konsepregulasies is op 5 Junie 2000 vir kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer en die raad en die Departement van Finansies het op 31 Julie 2000 daarop gereageer. Die regulasies is nog steeds nie uitgevaardig nie.

Hierdie regulasies, saam met die Wet, skep die regsraamwerk waarbinne die voorkeurverkryingsbeleid in werking gestel moet word.

Mnr die Speaker, die lang vertraging in die publikasie van die regulasies deur die Regering het ons aangespoor om proaktief te wees en die raad het 'n tender ingewin om 'n gepaste diensverskaffer aan te stel om hulle te help met die formulering van 'n voorkeurverkrygingsbeleid wat op alle provinsiale kontrakte van toepassing kan wees. [Tyd verstreke.]

*Me T ESSOP: Me die Speaker, ondernemings in die provinsie is moeg vir die verskonings wat deur daardie kant van die Huis gegee word ten opsigte van die bemagtiging van swart ondernemings.

Kom ons stel die rekord reg. In 1997 is 'n voorstel aan die Kabinet gemaak dat die inwerkingstelling van die tienpuntplan ondersoek moes word. Die Kabinet het 'n besluit oor die saak geneem, maar 'n jaar later is die tienpuntplan nog steeds nie deur die provinsiale Kabinet in werking gestel nie. Eers in Oktober 1998 het die Kabinet finaal besluit dat hulle sou oorweeg om die tienpuntplan waarvan die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme gepraat het, in werking te stel.

Die groot vertraging is deur 'n dilemma veroorsaak. Daardie dilemma was of die provinsiale Kabinet gewillig was om toe te gee aan die eis dat 'n perk van R2 miljoen op die kontrakte geplaas word of nie. Die provinsiale Kabinet wou 'n perk van R1 miljoen stel. Hulle het dit nie reggekry nie, want SKOF het 'n aanbeveling daaroor gemaak. Toe, een jaar later - in 1998 - het hulle besluit dat hulle die tienpuntplan in werking sou stel en dat hulle sou instem tot die afsnyperk van R2 miljoen, maar hulle het 'n aantal sleutelsektore in die provinsie uitgesluit van die VBI-verkrygingsbeleid.

Mnr die Speaker, die huidige verkrygingsbeleid waarna die agb Minister verwys het, is nog steeds die ou Kabinetsbesluit van 1998 wat deur die Provinsiale Regering toegepas word. Tot op hede het hierdie besluit verskeie sleutelsektore uitgesluit, waardeur 'n groot dwarsleggende snit van swart ondernemings uit die kringloop van die voorkeurverkryingsbeleid gesny is.

Nou is die verskoning dat die nasionale Regering nie die regulasies gepubliseer het nie. Ek is bly dat die agb Minister uit sy eie toespraak in Hansard aangehaal het, want ek sou hom daaraan herinner het dat hy beloof het - en dit was in September verlede jaar - dat daar binne vyf maande 'n plan op die tafel sou wees. Ons het nog nie 'n plan op die tafel gesien het. [Tussenwerpsels.] Dit het heeltemal niks te doen met die feit dat die nasionale Regering nog nie regulasies uitgevaardig het nie.

Elke staatsinstelling kan sy eie voorkeurbeleid ontwikkel. 'n Beleid kan nie bloot afgeskaal word tot 'n formule, iets waaraan die regulasies sal aandag gee, nie. Volgens die stellings wat deur die agb Minister op 16 September 1999 gemaak is, sou die beleid 'n veel brer perspektief oor die hele verkrygingstelsel behels - dit is wat 'n beleid is. Dit sou sy visie as Minister gewees het, en moontlik die stellings ingesluit het wat hy op 16 September 1999 gemaak het, wat te doen gehad het met die ontwerp van 'n alternatiewe stelsel wat sou ingaan op die betrokkenheid van ondernemings in kontrakte bo die afsnyperk van R2 miljoen. Die agb Minister het daardie inisiatiewe geneem en ges dat hy 'n konsultant sou aanstel. Die voorbereidende werk is gedoen, maar tot vandag toe het ons nog steeds nie 'n beleid nie. Die agb Minister wag vir regulasies wat nie wesenlik noodsaaklik is nie voordat enige proses van beleidsontwikkeling plaasvind.

Ons wil graag weet wanneer sy konsultant aangestel is en wanneer hy die resultate van die konsultant se werk sal kan sien, want die verskonings kan nie lank volgehou word nie.

Daar is geen voorkeurverkrygingstelsel hier nie en ons daag die Provinsie uit om na die res van die land te kyk. Die res van die land is sedert 1996 besig met die toepassing van die bemagtiging van swart ondernemings deur middel van 'n voorkeurverkrygingstelsel; hulle het nie vir die regulasies gewag nie. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek wil graag 'n punt maak. Die agb lid me Essop het aangedui dat sy moeg was daarvoor om vir my te wag. Ek kan aan die agb lid s dat ek heeltemal sat is vir wag vir die Sentrale Regering. [Tussenwerpsels.]

Hulle sal miskien nie hiervan hou nie, maar dit is toevallig waar. [Tussenwerpsels.] Toe ek die onderneming gegee het dat ek binne vyf maande iets aan die Kabinet sou voorl, het ek geglo dat die onderneming nagekom kon word. Tydens daardie tyd, voor die vyf maande tydperk verstryk het, is ek bewus gemaak van die feit dat die Sentrale Regering die Wetsontwerp by die Parlement sou indien en dat dit 'n Wet sou word, soos op 3 Februarie 2000 gebeur het.

Mnr die Speaker, die rede is ... [Tussenwerpsels.] Die agb lid sal 'n kans kry om vrae te vra en dit te beantwoord.

Mnr die Speaker, ek wil graag daarop wys dat dit nie my konsultant is nie - dit is die raad se konsultant. Die raad het hom aangestel. Agb lede moet daardie vrae aan die raad stel, en ek sal met graagte help om antwoorde op die vrae te kry.

Ek wil ook graag daarop wys dat die tender op 8 September 2000 gesluit het en dat dit tans in die evalueringstadium is. Dit is die voorneme van die raad, onderworpe aan die uitvaardiging van die magtigende regulasies, om die voormelde voorkeurverkryingsbeleid tydens 2000-01 te voltooi en in werking te stel.

Mnr die Speaker, al wat ek wil s - en ek herhaal dit weer - is dat ek verbind is daartoe om 'n behoorlike bemagtigingsbeleid in te voer sover dit die tenderprosedures in die Provinsie aangaan. Ek het daardie ondernemings gegee. Daar was vertragings. Die vertragings het egter nie aan my kant voorgekom het; die vertragings was aan die kant van die Sentrale Regering. Ek wag al sedert Februarie - en dit is nou September, amper Oktober - en daardie regulasies is nog steeds nie uitgevaardig nie. Ek gaan nie met 'n beleid vorendag kom en dan agterkom dat die regulasies 'n werklikheid geword het en dat ek daardie beleid moet verander nie.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, niemand sal die agb Minister meer glo nie. Daar is 'n neiging aan sy kant om verskonings vir verskeie sake te maak, met inbegrip van die konvensiesentrum. Die Wet maak nie voorsiening daarvoor dat hulle vir regulasies moet wag nie. Dit gee nie opdrag aan enige staatsinstelling dat hulle vir die regulasies moet wag voordat hulle hul eie voorkeurverkrygingstelsel opstel nie. Om die waarheid te s, waar die Wet na regulasies verwys, word daarvoor voorsiening gemaak dat sekere elemente in daardie regulasies voorgeskryf sal word, en dit is slegs die formule, die bedrae van kontrakte en watter punte op daardie kontrakte van toepassing sal wees.

Die agb Minister kan nie die Sentrale Regering blameer vir die vertraging van 1997 tot 1998, wat in die provinsiale Kabinet self voorgekom het, nie. Die Sentrale Regering het niks te doen gehad met sy Kabinetsbesluite nie, en ons het afskrifte daarvan. Daar was 'n vertraging van een jaar. Nou blameer die agb Minister die Sentrale Regering vir sy verdere vertraging. Hy het 'n 100-dae toespraak gelewer, sonder om die Grondwet te begryp! Hoe is dit moontlik dat hy vandag skielik 'n skuiwergat in die Grondwet as 'n verskoning kan h? Alles is daargestel. Hulle moet 'n beleid op die tafel plaas.

As die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid 'n beleid oor sy ekonomiese visie vir die Wes-Kaap opstel, wag hy nie vir die regulasies van die nasionale Regering om aan hom leiding te gee voordat hy 'n beleidsontwikkelingsproses vir die Wes-Kaap in werking stel nie. Die inisiatief kan geneem word.

Daar is ander boublokke in beleid, soos die wyse waarop die Tenderraad-prosedures vereenvoudig sou kon word en die Tenderraad baie meer toeganklik sou kon word vir klein swart ondernemings; om na die besonderhede van die kontrakte te kyk; en te kyk na hoe spesifikasies opgestel word en hoe sekere ondernemings reeds in die stadium van spesifikasies van die stelsel uitgesluit word. Daar is veel meer besonderhede in 'n beleid as bloot 'n formule, vir die inligting van die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme. Waarvoor hy nou wag, is 'n formule wat op die nasionale vlak uitgevaardig moet word. Dit is onaanvaarbaar.

Vyf jaar later gaan sake nog steeds hul normale gang in hierdie provinsie. Ons sien dat swart ondernemings die provinsie verlaat, want dit is duidelik dat swart ondernemings in die res van die land gedy. Daar gaan sake nie hul normale gang nie. Daar is daar nie 'n enkele kontrak wat sou deurgaan sonder dat dit gefynkam word vir die swart bemagtigingskomponent daarvan nie. Dit is 'n feit. Die agb Minister moet aan die provinsie s, en spesifiek aan swart ondernemings wat hy by die geleentheid van die aanbieding van sy 100-dae plan na 'n ontbyt uitgenooi het, dat hy 'n belofte gemaak het en dat hy dit nie kon nakom nie. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, die agb lid me Essop laat my hare regop staan, soos die agb Leier van die Opposisie ges het. Werklik, wat sy hier aan die hand doen, is dat daar geen verkrygingsbeleid in die Provinsie is nie en dat ons hoegenaamd niks daaromtrent gedoen het nie, en dit is nie korrek nie. 'n Verdere stelling wat sy gemaak het, dat swart sakelui die provinsie verlaat, is totaal en al verkeerd en ek daag haar uit om dit te bewys, want dit is eenvoudig nie waar nie. Sy het geen getuienis in daardie verband nie. Dit is 'n verspreiding van gerugte sodat sy pers-hoofopskrifte kan haal. Daar steek hoegenaamd geen waarheid daarin nie en ek glo dit nie.

*Me T ESSOP: U lees nie die koerante nie.

*Die MINISTER: Ek lees nie die koerante nie! [Tussenwerpsels.] Ek lees nie berigte waarmee die agb lid vorendag kom, met onakkurate inligting, nie. Dit is sekerlik so. Ek wil dit vir die Huis heeltemal duidelik maak ...

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Antwoord die vraag. Wanneer kry ons die regulasies?

*Die MINISTER: Wanneer kry ons die regulasies? Ek is baie bly om te hoor dat dit van die agb Leier van die Opposisie kom, want dit is eenvoudig al waarvoor ek wag. Ek wil graag h dat hy die nasionale Minister moet vra wanneer ons die regulasies gaan kry, want sodra ons dit kry, sal ons kan voortgaan. Ek het daarin geslaag om die raad te oorreed om proaktief te wees met die aanstelling van die konsultant sodat ons kon voortgaan sonder dat die regulasies uitgevaardig is.

*Me T ESSOP: Wanneer het u hulle aanges om 'n konsultant aan te stel? Wanneer?

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek wil dit heeltemal duidelik maak ...

*Me T ESSOP: Wanneer is dit op die Ordelys geplaas?

*Die MINISTER: ... dat nasionale wetgewing - ek herhaal - 'n raamwerk moet voorskryf waarbinne voorkeurverkryingsbeleid in werking gestel kan word. [Tussenwerpsels.] Hulle het die raamwerk verskaf, maar hulle het nie die regulasies verskaf nie. Die agb lid het aan die hand gedoen dat ek hulle blameer. Ek blameer hulle nie. Ek vertraag dit ten einde 'n verkrygingsbeleid by die Provinsie in te bring waar ons nie sal moet rondskuif en verander nie. Ons sal iets kan inbring wat deur al die mense in die provinsie gebruik sal kan word.

Debat afgesluit.

VRAE

Vir mondelinge beantwoording:

Regte van eienaarskap van grond bestem vir
Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum

*1.	Mnr M Louis vra die Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme: 

(1) Wat die huidige stand van sake is met betrekking tot die regte van eienaarskap van die grond wat vir die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum bestem is;

(2) of R360 miljoen voldoende is om 'n wreldklas-konvensiesentrum te bou; so nie, watter stappe gedoen sal word om meer fondse te in?

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: 

1.	(1)	Die nasionale Minister van Openbare Werke het nou ingestem dat die erwe op die Kaapse Strandgebied vestig in die naam van die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap. Hierdie erwe sluit die grond in wat geoormerk is vir die konvensiesentrum.

'n Aansoek vir die terugtrekking van die artikel 239-sertifikaat, wat voorheen uitgereik was ten gunste van die Republiek van Suid-Afrika, is nou aan die nasionale Minister vir Landbou en Grondsake voorgel tesame met die uitreiking van 'n item 28(1)-sertifikaat ten gunste van die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap.

Sodra die sertifikaat uitgereik is deur die nasionale Minister vir Landbou en Grondsake, sal die Registrateur van Aktes opdrag gegee word om die eiendomme in die naam van die Regering van die Wes-Kaap te endosseer.

	(2)	(i)	Die werklike syfer wat toegewys is vir die bou van 'n konvensiesentrum is R320 miljoen en nie, soos die vraesteller ges het, R360 miljoen nie.

		(ii)	Die bourekenaars het reeds vroeg aangedui dat addisionele fondse benodig sal word. Die raad het dit nogtans beklemtoon dat dit nodig is om binne die begroting van R320 miljoen te bly.

		(iii)	Die Kaapstadse Stadsraad, die Kaapse Metropolitaanse Raad en die Provinsiale Regering het dit onomwonde gestel dat addisionele befondsing vanaf voornoemde drie liggame nie beskikbaar sal wees nie.

		(iv)	Die professionele span is tans besig om die ontwerp finaal af te rond en die bourekenaars sal dan in 'n beter posisie wees om die voorlopige koste van die konvensiesentrum meer akkuraat te bepaal.
		(v)	Ingeval addisionele befondsing benodig word, het die maatskappy 'n proses om oplossings vir enige addisionele befondsing te identifiseer, daargestel. Hierdie proses is egter nog nie voltooi nie en sal parallel met die ontwikkeling van die ontwerpproses bestuur word.

		(vi)	Ek is oortuig daarvan dat die oprigting van die konvensiesentrum nie later nie as April 2001 sal begin en die voltooiingsdatum is vroeg 2003.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, kan die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme vir die Huis aandui watter voordele die V & A Waterfront Hotel sou toeval as dit gebruik sou word as 'n plek vir aanbiedings oor die omgewingsimpakstudiekontrak?

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek verstaan nie die vraag nie. Die agb lid me Essop sal moet probeer om dit verder te verduidelik. Aangesien ek geen kennis van die saak dra nie, behoort die agb lid die vraag skriftelik aan my te stel.

*Me T ESSOP: Kan ek die vraag herhaal? [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Orde! Orde! Die Stoel gaan nie 'n beslissing gee oor watter vrae toegelaat word en watter nie toegelaat word nie. As iemand 'n vraag gestel het, moet ek die agb Minister 'n geleentheid bied om daarop te reageer op die wyse waarop hy of sy wil.

Ter wille van duidelikheid kan ons toelaat dat die vraag herhaal word. Kan die agb Minister aandui of die vraag herhaal moet word en of dit op skrif gestel behoort te word?

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek verstaan die vraag. Ek het hoegenaamd geen verbintenis met enige beheer van die V & A Waterfront Hotel of die daaglikse bestuur van die hotel nie. Ek is dus nie bewus van wat die voordele sou wees van enigiets wat by daardie inrigting plaasvind nie en of dienste teen 'n prys gelewer word of nie. Ek dra hoegenaamd geen kennis van die onderwerp nie. Dit is die antwoord op die vraag.

As iets anders daar aan die gang is, gebeur dit heeltemal sonder my medewete. Soos ek ges het, ek het niks te doen met die inrigting of die daaglikse bestuur van daardie onderneming of enige van die maatskappye wat daarby betrokke is nie.

Tekort aan aptekers in provinsiale gesondheidsfasiliteite

*2.	Mnr P M Jacobs vra die Minister van Gesondheid:

Of daar 'n tekort aan aptekers en ondersteuningspersoneel vir apteke in provinsiale gesondheidsfasiliteite is; so ja, (a) wat die redes is, (b) wat die toepaslike syfers is, (c) of dit tot die lang wagtydperke by gesondheidsfasiliteite bydra en (d) watter stappe in di verband gedoen sal word?

*Die MINISTER VAN GESONDHEID:

2.	Ja.

(a) Die vergoeding word oor die algemeen beskou as swak vir iemand wat vyf jaar lank gestudeer het. Enigiemand wat enige plek in Suid-Afrika by die diens aansluit, moet ongelukkig 'n aanstelling op hierdie toetreevlak aanvaar, selfs al het hulle baie jare se ervaring.

Daar is 'n tekort aan aptekers regdeur Suid-Afrika en daar is talle nuwe instellings wat aptekers in diens neem, wat aantrekliker vergoedingspakkette kan bied. Daar is ook aktiewe werwing deur maatskappye in ander lande soos die VSA, die Verenigde Koninkryk, Kanada en Nieu-Seeland.

(b)	Wat ondersteuningspersoneel in apteke betref, het ons wel 160 poste, waarvan 11 vakant is.

Daar is 225 aptekersposte, waarvan 137 deur voltydse aptekers gevul is, 26 deur sessie-aptekers en 12 deur inwonende aptekers; daar is dus 50 poste wat vakant is.

(c) Die apteke het te min personeel en die personeel het te kampe met 'n aanhoudend toenemende getal pasinte, wat bydra tot lang wagtye by gesondheidsfasiliteite. Buitepasinte wat deur die Gemeenskapsgesondheidsorganisasie gesien word, het toegeneem van 1,5 miljoen in 1996 tot 3,1 miljoen in 1999-2000.

(d) Die Apteekadvieskomitee is gevorm onder voorsitterskap van die Hoof van Gesondheid, met die doel om die fisiese toestande by die apteke te verbeter, om te probeer om die diensvoorwaardes vir personeel te verbeter, en om dienslewering te verbeter. Ek was in kontak met die nasionale Minister van Gesondheid oor hierdie aangeleentheid.

Die vergoeding van aptekers word nou deur die nasionale Departement van Gesondheid by die nasionale Bedingingskamer heroorweeg. Boonop is 'n eenvlakverhoging vir alle aptekers met ingang van April 2001 aanbeveel, hoewel dit nog deur die Departement van die Staatsdiens en Administrasie goedgekeur moet word.

'n Intensiewe werwingsveldtog word in samewerking met die UWK onderneem en beurse word toegeken aan soveel aptekerstudente as moontlik. Gemeenskapsdiens vir aptekers sal in Januarie 2001 begin en 45 poste sal na die PAWK kom. Dit sal 'n Godgegewe geskenk aan ons wees.

*Mnr P M JACOBS: Mnr die Speaker, ek wil die agb Minister van Gesondheid graag vra wat die verhouding van pasinte tot apteke is.

*Die MINISTER VAN GESONDHEID: Mnr die Speaker, ek weet ongelukkig nie uit die vuis uit wat die verhouding is nie; ek sal dit moet vasstel. Ek dink 'n mens kan in die algemeen s dat daar 'n probleem in Suid-Afrika is, en die verhouding van pasinte tot aptekers is redelik hoog.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, ek wil die agb Minister van Gesondheid graag vra of dit die gebruik is dat indien 'n mens beperkte apteekkapasiteit het, dit die inname van pasinte vir die dag by 'n spesifieke daghospitaal sou bepaal, ongeag die getal dokters en verpleegpersoneel wat teenwoordig is.

*Die MINISTER VAN GESONDHEID: Mnr die Speaker, ja, klinieke en daghospitale is daarop geregtig om van 'n besprekingstelsel gebruik te maak. Party klinieke of daghospitale maak wel gebruik van die besprekingstelsel en dit sal vanselfsprekend 'n probleem skep. Die groot probleem is egter dat dit uiteindelik 'n vernouing veroorsaak as die aptekers nie al die pasinte kan help wat deur f die verpleegpersoneel gedrewe diens f die geneesheer gedrewe diens bedien is nie. Dit geniet aandag, maar in party gevalle ondervind ons wel probleme ten opsigte van daardie saak.

Lang toue kom beslis aan die einde van die dag voor die apteker se deur voor. Ek het dit gesien toe ek klinieke en daghospitale besoek het.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil die agb Minister van Gesondheid graag vra of hy bewus is van die krisis in hierdie verband by die dr Abdurahman Daghospitaal in Athlone, en of hy enige hoop vir daardie hospitaal in die nabye toekoms het.

*Die MINISTER VAN GESONDHEID: Mnr die Speaker, die agb lid mnr Ozinsky sal sien dat ek in my volgende antwoord aandag gee aan die Guguletu Daghospitaal. Ons ondervind wel probleme by verskeie klinieke ten opsigte van die apteke, maar ek voorsien 'n mate van vordering in die toekoms.

Tekort aan medisyne by Guguletu Hospitaal

*3.	Mnr P M Jacobs vra die Minister van Gesondheid:

(1) Of daar tussen 24 Julie en 11 Augustus 2000 'n tekort aan sekere medisyne by die Guguletu Hospitaal was;

(2) of sekere pasinte wat die hospitaal in die tydperk besoek het, weggewys is; so ja, hoeveel pasinte;

(3) watter stappe gedoen is om die tekort aan medisyne by gesondheidsfasiliteite aan te spreek?

*Die MINISTER VAN GESONDHEID:

3.	(1)	Ja, daar was tussen 24 Julie en 11 Augustus 2000 'n tekort aan sekere medisyne by die Guguletu Gesondheidsorgsentrum vanwe die personeeltekorte. Personeellede word op 'n gereelde grondslag verskuif om gapings te vul. Die personeeltekort tydens hierdie spesifieke tydperk was ongelukkig veroorsaak deur een sterfgeval, kraamverlof vir personeellede en algemene siekte, wat deur die bestel van voorrade en handhawing van die vereiste medisynevoorraad belemmer het. Stappe word gedoen om die situasie reg te stel. Dit sluit die aanstelling in vir nuwe personeel en die opgradering van gemeenskapsgesondheidsentrums deur die toevoeging van 'n stoor by elkeen, met 'n verskaffingsdiensbeampte in beheer van die bestel van medikasie. Vyf sentrums is reeds op hierdie wyse opgradeer en nog drie sal voor die einde van die jaar voltooi word, met inbegrip van die sentrum in Guguletu.

(2) Daar is nie 'n stelsel om op hoogte te bly van pasinte wat weggaan sonder dat hulle aandag geniet het nie. Die betrokke getalle is dus nie duidelik nie. Waar dit nie moontlik was om 'n pasint te spreek nie, is daardie persoon vanselfsprekend gevra om die volgende dag terug te kom.

	(3)	Waar moontlik, word aptekers van ander inrigtings na die Guguletu Gemeenskapsgesondheidsentrum gebring om die apteek te beman. Vakatures is geadverteer en werwingsonderhoude is met aptekers gevoer, en indien geskikte kandidate gedentifiseer word, sal aanstellings reeds hierdie maand geskied.

Vervoer van minderbevoorregtes in
Tygerberg na sportfasiliteite

*4.	Mnr Z C Stali vra die Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning:

Of enige planne bestaan om minderbevoorregte mense wat in die Tygerberg-gebied woon en wat meer as 60 km moet reis na sportterreine wat aan hulle behoeftes voldoen, te vervoer; so nie, waarom nie; so ja, wat die besonderhede van die planne is?

Die MINISTER VAN VERVOER, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, ek sien die agb lid mnr Stali is nie in die Huis nie, maar ek sal nogtans die vraag beantwoord. Ek dink dit is net goeie maniere om die vraag te beantwoord. Die antwoord lui soos volg:

4. Ingevolge die Wet op Stedelike Vervoer tree die Kaapse Metropolitaanse Raad as die kernstad op, en die KMR het dus die verantwoordelikheid vir vervoerbeplanning binne die grense van die Kaapse Metropool en nie die Wes-Kaapse Departement van Vervoer nie.

Die plaaslike owerheid - in hierdie geval die Stad Tygerberg - behoort te verseker dat sportvelde, met redelike toeganklikheid, beskikbaar is vir alle gemeenskappe binne die munisipale gebied.

Die Wes-Kaapse Direktoraat van Sport en Ontspanning dra egter geldelik by tot die begrotings van groot sportgebeurtenisse in die provinsie. 'n Deel van die ooreenkoms tussen die Direktoraat: Sport en verskeie organisasies is tans om mense in die minderbevoorregte gebiede na die byeenkomste te bring, of om van die deelnemers na die minderbevoorregte gebiede vir ontwikkelingsklinieke te neem.

Mnr die Speaker, ek noem dit omdat die vraag aan my as Minister van Vervoer, sowel as Minister van Sport en Ontspanning, gestel is. Ek wil die vraesteller graag daarop wys, en dit boekstaaf, dat di vraag nie werklik op Vervoer van toepassing is nie, maar wel op Sport en Ontspanning. Ek het daarom die vraag op hierdie wyse beantwoord. 

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, as 'n stigterslid van die Tygerberg Rugbyklub, ...

*Die MINISTER VAN VERVOER, SPORT EN ONTSPANNING: Unie.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: ... Unie, ek is jammer, is die agb Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning nie bekommerd oor die vele voorvalle waarby die klub tans betrokke is nie, en wat is hy bereid om te doen om 'n harmonie in die rugbygemeenskap ten opsigte van daardie klub te bewerkstellig?

Die MINISTER VAN VERVOER, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, die agb Leier van die Opposisie het nou probeer om my voet in 'n rugby-gemors te sit waarvan ek nie graag wil deel wees nie. Toe ek in 1973 stigterslid van daardie unie was, het ek nog aktief aan rugby deelgeneem. Indien die Administrasie en die Departement van Sport en Ontspanning enigsins hulp kan aanbied, sal ons dit doen. Ek sal gaan uitvind. Ek ken die ouens daar, ek weet wie die manne is wat aan bewind is. Ek sal navraag doen deur die Administrasie. Ek wil nie persoonlik in mense se huishoudelike sake gaan inmeng nie, maar ek sal die nodige doen en aan die agb Leier van die Opposisie terugrapporteer.

Die SPEAKER: Orde! Die agb Minister gaan net nie weer speel nie. [Gelag.]

Stadsklerk van Porterville: onwettige handel in diamante

5.	Mnr M L Fransman vra die Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning:

	Of die stadsklerk van Porterville aan onwettige handel in diamante skuldig bevind is; so ja, (a) of enige dissiplinre stappe teen hom gedoen is en (b) of hy 'n verklaring oor die aangeleentheid sal doen?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING:

5. Die gemelde persoon is wel op 14 Augustus 2000 in die Streekhof skuldig bevind.

(a) Die Stadsraad het 'n regsopinie verkry en daar is besluit om geen dissiplinre stappe te doen nie.

(b) Nee.

*Mnr R WILLIAMS: Mnr die Speaker, in die lig van die feit dat die klag waarop die stadsklerk skuldig bevind is, 'n element van oneerlikheid bevat en in die lig van die feit dat die stadsklerk in 'n vertrouensposisie verkeer, en groot bedrae openbare geld aan hom toevertrou word, stem die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning saam met die Porterville Raad, of dit nou uit 'n regsmening spruit of nie, dat die stadsklerk in 'n persoonlike hoedanigheid opgetree het en dat dit 'n privaat aangeleentheid was en dat dissiplinre stappe derhalwe nie gepas is nie? As die agb Minister met hierdie standpunt saamstem, wil ek weet waarom.

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, die verhouding tussen 'n werkgewer en 'n werknemer word gerel deur die Wet op Arbeidsverhoudinge. Daar is 'n regsopinie daaroor verkry en die regsopinie het baie duidelik ges dat hierdie verhouding in die Wet uitgespel word en dat die raad geen optrede teen hierdie persoon kan doen nie. Ek volstaan daarmee.

Mnr M L FRANSMAN: Mnr die Speaker, is daar geen aksie geneem nie juis omdat hierdie persoon 'n wit stadsklerk is en omdat hy 'n DA-ondersteuner is - 'n desperate alliansie-ondersteuner? Ek wil by die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning weet of dit die werklike rede is.

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, ek het uitgespel dat dit 'n verhouding tussen die werkgewer en die werknemer is. Die raad bestaan uit ses lede - twee van die Nuwe NP, twee van die ANC, een van die civic organisasie en een van die belastingbetalersvereniging. Daar is geen manier hoe die raad ook daardie besluit kon benvloed het nie. Hulle het dit suiwer op regsgronde gedoen, nadat inligting van adv E Vermaak ontvang is.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, ek wil van die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning weet of hy die onwettige handel in diamante in 'n ernstige of minder ernstige lig beskou as die kyk van pornografie tydens kantoorure in 'n mens se kantoor.

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, in hierdie geval is 'n wet oortree. Die persoon is vervolg, skuldig bevind en hy het sy straf in die Streekhof van Clanwilliam gekry.

*Mnr R WILLIAMS: Mnr die Speaker, beteken die antwoord deur die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning, wat daarop neergekom het dat geen dissiplinre stappe teen hierdie stadsklerk gedoen behoort te word nie, dat die agb Minister sal aanvaar dat 'n oneerlike persoon die pos beklee van stadsklerk, wat in 'n vertrouensposisie verkeer en waaraan openbare geld toevertrou word?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, wanneer ons optree, moet ons suiwer binne die landswette optree, en in hierdie geval is daar wel binne die landswette opgetree.

Debat afgesluit.

VRAE

Aan die Premier sonder kennisgewing:

*Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, teen die agtergrond van die onlangse afdanking deur die agb Premier van eerw Bantom op grond van morele gedrag, en in die lig van onlangse aantygings van onbehoorlike gedrag deur die bestuurder van die voormalige Minister in die Kantoor van die Premier, watter stappe sal hy doen en kan ons hierdie stappe 'n jaar later verwag, soos sy gebruik blyk te wees?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek wil die Huis graag vra of hulle die volgende aanhaling gehoor het:

	I have a certain way of answering questions. I am not a baby, a child or a schoolgirl.

Kom ek beantwoord die vraag. Die aangeleentheid is sub judice. Dit word deur die prokureurs van die twee partye hanteer, en dit is waar dit bly.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, mag ek 'n opvolgvraag stel?

*Die SPEAKER: Orde! Die agb lid word nie toegelaat om dit te doen nie. Slegs die oorspronklike vraesteller mag 'n opvolgvraag stel.

Debat afgesluit.


488	DINSDAG, 19 SEPTEMBER 2000



	DINSDAG, 19 SEPTEMBER 2000	489



474	DINSDAG, 19 SEPTEMBER 2000


